BSport2

Athletics tables and software

Atletiek tabelle en sagteware

Since - Sedert 1985

Terug - Back

BekkerSport2

2023

Daar word voorsiening gemaak alternatiewe ouderdom benaminge te hanteer.

2018

Daar word ‘n funksie bygevoeg om ‘n byeenkoms te verdeel in 2 byeenkomste gebaseer op verskeie kriteria. die omgekeerde funksie word ook bygevoeg om twee byeenkomste saam te voeg as ‘n enkel byeenkoms.

2017

Die spankies opsie word verfyn om verskeie kriteria te gebruik vir die samestelling van die opvolg byeenkoms.

2016

Rugsteun opsies word aangepas om voorsiening te maak vir netwerk gebruik. daar kan tovoere gedoen word vanaf verskeie rekenaars op dieselfde databasis.

2015

Lotingskaarte word aangepas vir alternatiewe uitleg.

2013

Twee afsonderlike programme word bygevoeg vir netwerk stelsels. Die een vir die aankondiger en die tweede vir die uithandiging van medaljes.

Die program word ook oorgeplaas na windows gebaseerde tablette met aanraak sensitiwiteit op alle funksies.

2012

Die eerste totaal papierlose stelsel word otwikkel en dit is geregistreer as intelektuele eiendom.

‘n Afsonderlike program is geskep vir swem byeenkomstes.

2011

Verskeie funksies word verfyn vir makliker hantering. Direkte uitstuur van spanlyste deur E-Pos vanuit die span funksies.

2010

Deurlopende aanpassings van item veranderings word gehanteer.

2009

Skakeling met elekrtonies tydhouding word bygevoeg. Op hierdie stadium word koppeling met TimeTronix gehanteer.

2000

Veskeie funksies en verslae word op versoek bygevoeg.

1998

Die program word voordurend aangepas met nuwe funksies en die eerste opsie om uitdunne en lotingskaarte te hanteer word bygevoeg.

1996

Die eerste Windows weergawe van die program word geskryf.

1990

Op versoek van ‘n paar skole is die program aangepas om enige tipe byeenkoms te hanteer. Dit was op hierdie stadium die enigste program wat tabelpunte vir ‘n byeenkoms kon hanteer.

1987

Van die deelnemende skole aan die SASOL reeks het versoek dat die program aangepas word vir die uitdun rondtes. Die aangepaste vereistes is bygevoeg.

1985

Ek raak betrokke by die SASOL reeks en skryf die eerste program in CLIPPER (DOS) om die spesifieke vereistes van die finaal te hanteer. Tot op hierdie stadium was tabelpunte (SASOL) in die boeke opgesoek en dan uitgesoek en bymekaar getel. Finale uitslae was dus eers lank na afloop van die byeenkoms beskikbaar en die wenners is later tydens die afsluitingsfunksie aangekondig.